Stellenbosch Rolbalklub / Stellenbosch Bowling Club

Welkom by

Stellenbosch Rolbalklub

Stellenbosch, in die hart van die Wes-Kaapse wynland, is die tweede oudste dorp in Suid Afrika. Die dorp spog met unieke historiese Kaap-Hollandse argitektuur, ‘n wêreldbekende universiteit, toonaangewende tegnologie-sentra, uitstaande sportfasiliteite, wyn van wereldgehalte en word omring deur berge, valleie, wingerde en vrugteboorde.

Rolbal word reeds meer as 80 jaar formeel in Stellenbosch gespeel. Die Van Der Stel Sportklub is in die vroeë 1920’s gevestig op ‘n gedeelte van die Bergzicht-plaas, oorspronklik vir rugby, en het mettertyd ook ander sportkodes onder sy administratiewe vleuel betrek. ‘n Mnr JLS Franzsen was die dryfkrag agter die stigting van die rolbalklub saam met sy vriend prof CS Edgar. Die eerste perk is op 12 Desember 1942 deur die destydse burgemeester, dr H.P Cruze, ingewy. Van die vroeëre lede van die rolbalklub was die bekende Paul Roos en oubaas Markotter.

Die rolbalklub spog met twee netjiese speelperke waarvan beide oor beligting beskik, asook ‘n gerieflike klubhuis met buite braaigeriewe, ‘n kombuis, kroeg en fasiliteite waar sowat 120 persone akkommodeer kan word.

Die klub handhaaf ‘n ledetal van ongeveer 80 persone van beide geslagte. Die klub is heeljaar oop en sosiale spel vind Dinsdae, Donderdae en Saterdagmiddae om 14h00 plaas.

Een van die belangrikste fondsinsamelinggeleenthede op die klub se kalender is die sakeliga waartydens 112 mense uit die dorp se sakegemeenskap oor vier agtereenvolgende Woensdagaande in November en Februarie teen mekaar meeding. Sommige van die wedstryde word onder spreiligte gespeel. Dis ‘n besonder gewilde toernooi waar deelnemers in ‘n ontspanne atmosfeer met lekker musiek om die bane verkeer. Ander plaaslike jaarlikse kompetisies wat die klub aanbied, word geborg en sluit in die Die Cluver en Markotter-Opening van die Seisoen, asook ‘n geborgde heeldagkompetisie.

Welcome to

Stellenbosch Bowling Club

Stellenbosch, in the heart of the Western Cape wine country, is the second oldest town in South Africa. The city boasts unique historic Cape-Dutch architecture, a world-renowned university, leading technology centers, outstanding sports facilities, world-class wine and surrounded by mountains, valleys, vineyards and fruit orchards.

Lawn bowls has been formally played in Stellenbosch for more than 80 years. The Van Der Stel Sports Club was established in the early 1920s on a part of the Bergzicht farm, originally for rugby, and also involved other sports codes under its administrative wing. Mr JLS Franzsen was the driving force behind the establishment of the bowling club with his friend Prof CS Edgar. The first green was initiated by the then mayor, Dr. H.P Cruze, on December 12, 1942. The well known Paul Roos and Oubaas Markotter were members of the bowling club.

The bowling club boasts two neat greens with lighting, as well as a comfortable clubhouse with outside braai facilities, a kitchen, bar and facilities where about 120 people can be accommodated.

The club maintains a membership of approximately 80 people of both sexes. The club is open all year and social game takes place Tuesdays, Thursdays and Saturdays at 14h00.

One of the most important fundraising opportunities on the club’s calendar is the business league where 112 people from the town’s business community compete against each other on four consecutive Wednesday evenings in November and February. Some of the games are played under floodlights. It is a particularly popular tournament where participants are in a relaxed atmosphere with good music around the greens. Other local annual competitions offered by the club are sponsored, including the Die Cluver and Markotter opening of the season, as well as a sponsored all-day competition.

Contact

Address: 168 Merriman Avenue, Stellenbosch | GPS Coordinates: 33°55’57.89″S 18°51’25.79″E | Tel: 021 886 5369

Club President: Christo van der Merwe | Club Secretary: Pieter Lotz / Faan Jordaan